International Perspective on Party Autonomy in Contractual Choice of Law

Author(s):  
Lukáš Grodl
2006 ◽  
Vol 67 (4) ◽  
Author(s):  
Elizabeth Shackelford

In the last half of the twentieth century, the trend towards “world-wide harmonization of trade law” has increased steadily with the globalization of economies and the corresponding increase in transnational commerce. Throughout this period, efforts have emerged to unify and harmonize international commercial law in order to promote international trade. The two primary ways this was pursued during the twentieth century were unification of choice of-law rules and harmonization or unification of substantive rules.


2021 ◽  
Vol 2021 (1) ◽  
pp. 43-58
Author(s):  
P Obiri-Korang

Die beginsel van partyoutonomie is ’n belangrike beginsel van die kontraktereg en word vandag ook beskou as die belangrikste verbindingsfaktor in die internasionale kontraktereg. In gevorderde ekonomieë word partye toegelaat om die reg te kies wat van toepassing moet wees op die regte en verpligtinge van hul internasionale kontrakte ter bevordering van grensoorskrydende handel en beleggings. Die outeur ondersoek in hierdie artikel die teoretiese basis vir die handhawing van die beginsel van partyoutonomie met betrekking tot regskeuse in internasionale kontrakte. Afgesien van die tradisionele regverdiging vir die bevordering van die beginsel, word in die artikel ook grondwetlike verankering oorweeg. In hierdie verband stel dit voor dat grondwetlike bepalings wat die vrye ontwikkeling van persoonlikheid of menswaardigheid wil beskerm, ook die reg van private partye omvat om die reg van toepassing op hulle internasionale kontrakte te kies. Dieselfde geld met betrekking tot die bepaling wat in sekere grondwette gevind word ter bevordering van aktiwiteite wat kan lei tot die vestiging van ’n gesonde ekonomie. Die artikel is daarop gemik om regsekerheid en voorspelbaarheid te bevorder deur middel van partyoutonomie in die regskeuse vir kontrakte. Sodanige erkenning sal na verwagting die nodige vertroue in private sakepersone en beleggers inboesem en gevolglik internasionale handel en beleggingsaktiwiteite binne ’n bepaalde jurisdiksie bevorder. In die lig van die bogenoemde, stel hierdie artikel voor dat, tensy daar dwingende redes bestaan om partye die reg te ontsê om die stel regsreëls te kies wat hulle verkies om hul internasionale kommersiële kontrakte te reguleer, die howe oor die algemeen hulle rol moet beperk tot die interpretasie en toepassing van kontraktuele bedinge.


Sign in / Sign up

Export Citation Format

Share Document